Pieter Willem Botha | |
PW Botha in 1962 | |
6de Staatspresident van Suid-Afrika (uitvoerend)
| |
Ampstermyn 3 September 1984 – 15 Augustus 1989 | |
Voorafgegaan deur | Marais Viljoen (nie-uitvoerend) |
---|---|
Opgevolg deur | Frederik Willem de Klerk |
Ampstermyn 28 September 1978 – 2 September 1984 | |
President | Marais Viljoen John Vorster Marais Viljoen |
Voorafgegaan deur | John Vorster |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
7de Leier van die Volksraad
| |
Ampstermyn 1975 – 1978 | |
Voorafgegaan deur | Nic Diederichs |
Opgevolg deur | Lourens Muller |
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 5 April 1966 – 6 Oktober 1980 | |
Eerste minister | John Vorster |
Voorafgegaan deur | Jim Fouché |
Opgevolg deur | Magnus Malan |
Minister van Gemeenskapsontwikkeling en Kleurlingsake
| |
Ampstermyn 8 Oktober 1961 – 30 Maart 1966 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd |
Opgevolg deur | Marais Viljoen |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 12 Januarie 1916 Paul Roux, Oranje-Vrystaat-provinsie, Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 31 Oktober 2006 (op 90) Wildernis, Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Elize Botha (1943–1997; haar dood) Barbara Robertson (1998–2006; sy dood) |
Kind(ers) | 5 |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
Handtekening |
Pieter Willem Botha (1916–2006), beter bekend as PW en ook as Die Groot Krokodil, was 'n lid van die ou Suid-Afrikaanse Nasionale Party (NP). Hy was van 1966 tot 1978 die Minister van Verdediging, van 1978 tot 1984 Eerste Minister en van 1984 tot 1989 die Staatspresident van Suid-Afrika. Van 1978 tot 1989 was hy ook die leier van die Nasionale Party. In 1983 stel hy ’n driekamerparlement in – ’n Volksraad vir wit kiesers, ’n Huis van Verteenwoordigers vir bruin mense en ’n Huis van Afgevaardigdes vir Indiërs, maar die gesag het steeds by die Volksraad en by homself (as staatshoof) berus. Hy is in 1988 deur F.W. de Klerk opgevolg.[1]